Wednesday 27 June 2012

Nie meer lank nie!

Die tyd vlieg vreeslik vinnig verby en dis al reeds meer as twee maande sedert ek laas geskryf het! Intussen het daar 'n paar dinge gebeur. Die venue is darem uitgesorteer en die gaste sal gelukkig nie in die son hoef te sit nie. Alles is on track vir die groot dag!

Verder is ek en JanDirk die afgelope twee naweke besig om trou-uitnodigings te maak! Dit is naby aan klaar en sal teen volgende week uitgestuur word. Ons is ook van plan om einde Julie vir twee nagte Kaap toe te gaan om my pa se uitnodiging persoonlik vir hom te vat.

Die pre-wedding fotosessie het ook plaasgevind, eers in die studio en toe op 'n treinspoor. En nee, dit is nie 'n ou treinspoor wat nie meer gebruik word nie. Daar het selfs 'n trein verbygekom terwyl ons besig was om die foto's te neem! 


Hier is foto's van die fotosessie. Daar is hordes geneem, maar vir nou, eers net hierdie. En ja, ek weet, dit is 'n bietjie vreemd dat JanDirk op die treinspoor sit en boek lees!


2 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  2. Ook maar goed ek het nie daar gesit toe die TREIN daar verbygesnel het nie! Kaartjies maak is nie vir die faint of heart nie. Ek kan nie wag vir alles om bymekaar te kom en suksesvol te verloop nie. Dis heel stressvol. Die tema van die troue is boeke...daarom lees ek boek op die treinspoor :)

    ReplyDelete